Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 991 resensies.
"Rustige dorp met lekker eetplekke. Het die ou Hotel se voorgeregte geniet en Mayfly Restaurant se kos en diens was baie goed."
"Ons geniet Dullstroom omdat dit slegs 2 ure van Pretoria af is en dit is 'n lekker wegbreek nie te ver van die huis af nie. "
"Daar moet net genoem word van die tol hek van R78 tussen Waterval Boven en Machadadorp."
"Dullstroom het interessante snuffelwinkeltjies, maar ongelukkig geen ander aantrekkingskrag vir ons nie. "
"Dit was bietjie steurend dat baie van die winkels en restaurante toe is omdat dit nie naweek was nie. Ons het juis daar oorgebly om die toeriste winkeltjies te besoek en uit te eet. As Dullstroom net 'n bestemming vir naweke is, moet hulle dit so adverteer."
"Wonderful little town just to stroll around and buy buy buy and of course enjoy the food and live music."
"We have friends from Namibia that like to visit the KNP and especially the stop at Dullstroom to visit Harrie's Pancakes."
"Dis lekker vir 'n naweekwegbreek. Harrie's Pancakes het die lekkerste tradisionele ontbyt!"
"A very beautiful place, nature filled places to view and visit around. Would like to return to the place again."
"Lydenburg bied goeie opsies vir die toeris asook verbygaande reisigers. Die omgewing is ryk aan natuurskoon en geskiedenis."
"Naby genoeg aan Gauteng en ver genoeg om te voel jy kom weg van die stad se gejaag."
"Wat 'n wonderlike plek vir 'n langnaweek-wegbreek, goeie kos, koue bier, heerlike atmosfeer."
"Dullstroom was nog altyd 'n interessante plek, ons het weer daar gestop op pad terug maar dit voel of die dorp bietjie verwaarloos het die afgelope 3 jaar."
"Effe vervelig. Ek sal nie langer as 'n naweek kan bly nie. Goeie bestemming vir hengelaars, maar te min te doen vir gewone mense. Gaan soontoe as jy wil niks doen nie en baie rus."
"Lekker naweek-wegbreek, maar nie langer as dit nie. 'n Besoek aan die roofvoël-park en die vlieg-"show" moet beslis op jou program wees - 'n groot hoogtepunt. "