Geverifieerde Resensie
Port Edward
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Edward bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 151 resensies.
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
"Port Edward has the basic infrastructure and amenities/shops to meet one's need whilst on holiday. The only negative aspect of the town is that most of the minor roads are not tarred and poorly maintained."
"Port Edward is a great place with friendly people. Good reasonably priced restaurants and a very relaxing place to be."
"Port Edward is 'n pragtige plek en die mense is dierbaar. Instandhouding van plekke word net soms bietjie nagelaat deur baie van die eienaars. As 'n geheel sou ek sê mense moet slegs seker maak hoe die paaie lyk by die betrokke instansie voordat hul bespreek, ingeval daar baie reën sou val."
"Port Edward itself is a small little town/location to go to for an extended stay/visit, it is more of a 1 or 2 night quick stay over location rather than an extended holiday destination."
"Baie gerieflik geleë en mooi skoon dorpie. Sal weer terug gaan."
"Strandlangs oor die rotse is die strand nie skoon nie. Daar loop oral vuil water in die see in. Die reuk is onaangenaam en die skuim op die water bruin. Die swemstrand self is effens beter maar nie op standaard nie. Die dorpie self is skoon en netjies."
"Die dorp self is 'n nie goed nie, maar omliggende gebiede is great!"
"Dit is so rustig en netjies en nie 'n toeloop van mense nie, jy vat jou handdoek, stoel en mandjie en stap strand toe, geen gesoek vir parkerplek, gaan definitief weer en weer gaan."
"Die dorp self is nie regtig vir ons nie en daar is nie veel om te doen nie, maar daar is darem baie plekkies rondom dit."
"As jy op die N2 by Port Edward aankom lyk dit maar besig en vuil by daardie winkelsentrum, maar sodra jy inry is dit 'n heerlike dorpie en als was netjies en skoon."
"I adore this area. So many thing to do for adults and kids. Aqua parks, nature reserves, play parks, game drives, coffee and banana farms, great places to eat, etc."
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "