Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 278 resensies.
"Sentraal geleë om Pretoria se besienswaardighede te besoek. Die gastehuis het ook 'n geskiedenis van sy eie."
"Pragtige boomryke woongebied naby inkopiesentrums, restourante, skole en die universiteit."
"Die ligging was perfek vir ons, want dit is baie naby aan Kloof Hospitaal. Ek weet nie of dit regtig 'n toeristebestemming is nie."
"Willow Cottage is baie naby die uitstekende Wilgers privaat hospitaal. Alhoewel die omgewing stil en rustig is, het dit maklike toegang tot die vernaamste snelweë."
"Dis 'n stil area en ek het baie veilig gevoel. Selfs die verkeer is baie min."
"Naby aan die hospitaal geleë wat dit ideaal maak vir hospitaal en dr's besoeke."
"Met Atterbury Value Mart net om die draai kon ons sommer baie van ons inkopies daar gedoen kry. Beslis ‘n plus vir ons plattelanders!"
"We love Elarduspark. It is close to all access roads and shops. It is very easy to get to different destinations from there. The area itself is also not too busy and traffic jammed. "
"It's a very cool and quiet out of town experience. It gives you a relaxed feeling."
"Die area is goed geleë vir oorslaap na 'n troue of partytjie aan die verre oostekant van Pretoria, maar as 'n gemeenskap moet hulle die instandhouding van die grondpaaie prioritiseer."
"Elarduspark is sentraal geleë en kan 'n toerisme-bestemming wees, alhoewel ek dit eerder sal adverteer as verblyf naby die lughawe."
"Baie mooi area en stil. Daar is nog baie plekkies wat ons nog daar wil kom besoek in die toekoms."
"Lekker plek om te gaan kuier alles naby. Genoeg Uber geleenthede as jy hulle nodig het."
"Faerie Glen word uitstekend deur die inwoners as veilige tuiste bewaar. Van die beste woonbuurt in Pretoria. Naby aan alle belangrike instansies."