Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Hierdie dorp het wonderlike toeristebesienswaardighede. Die vyeseisoen hou middle April op so daar moet 'n vyefees wees op die dorp. Toeriste hou van eet."
"The best maintained town that we ever visited. Quality restaurants and a must visit tourist destination."
"Kan nogal lekker warm word daar (as dit jou sal pla, nie vir ons) en die muskiete mag 'n probleem wees as hulle van jou hou! Gelukkig het meeste akkommodasies muskietnette by die slaapareas, maar vleisbraai kan lastig wees."
"Pragtige Karoodorp met vriendelike mense, lekker eetplekke, lekker olyfolie, fantastiese kaas."
"Baie besonderse Karoodorp met besonderse mense, baie lekker restaurante en baie goeie kaas."
"Pragtige kunsdorpie met Karoo-tema, huise oor die algemeen baie goed versorg, Lazy Lizzard se lampasteitjies 'n moet."
"'n Besoek aan hierdie besondere plekkie is in alle opsigte die moeite werd! So mooi skoon dorp met sulke vriendelike mense en soveel om te sien en ervaar. Vermy net Maandae, want dan is die meeste plekke toe (seker om te rus na die naweek)."
"Wonderlike plattelandse dorpie. Lanklaas so mooi skoon en netjiese strate en woonbuurte gesien. Interessante winkeltjies en restaurante om te besoek. Mal daaroor!"
"Prins Albert is 'n klein juweel. Ons het die kunsgallerye en koffiewinkels baie geniet. Die hoogtepunt van ons kuier was die toer met die Unimog op teen die Swartbergpas! Dit was 'n belewenis en die tieners was gek daaroor. Bespreek by die Swartberg Hotel vir die toer."
"Die dorpie is pragtig. Ons het wel die aand by the Rude Chef gaan eet en 'n minder aangename ervaring gehad. Ek glo daar is ander plekke wat beter diens sou gelewer het."
"Besoek gerus Prins Albert. Die Hotel is 'n gawe opsie met 'n goeie ontbyt en 'n 4x4-toer oor die Swartbergpas en 'n sjampanje ontbyt."
"Prins Albert is 'n pragtig-versorgde dorp. Vriendelike inwoners en ons het 'n gevoel van veiligheid en outydse sjarme ervaar."
"Small town with very friendly and inviting community. Plenty of authentic eat out and social venues, but understandable not much other entertainment options."
"Prins Albert is a cute town with a lovely slow living pace. There are yummy restaurants and a few fun things to do in the area - great for a night or two."