Geverifieerde Resensie
Riemvasmaak Region
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riemvasmaak Region bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 331 resensies.
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."
"Die padstal is a must visit. It is a very quaint town. With a nice farm-style feel. Orange river wineries. Riemvasmaak is close by and a must visit. Augrabies falls is a must stop!"
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"
"Vir my is Keimoes 'n rustige bestemming en die middelpunt van verskeie besoeke in alle rigtings."
"Keimoes is sentraal geleë vir mense wat dieselfde doel as ons gehad het. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. (Het die aand voor ons vertrek motorprobleme gehad wat vroeg die oggend van vertrek op 'n baie vriendelike en behulpsame manier uitgesorteer was. Ons reis terug is toe net met 3,5 uur vertraag en teen 'n baie billike prys.)"
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."
"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"
"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."