Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 484 reviews.
"Sabie is a safe place for travellers we really enjoy wish to come for weekend away."
"Baie mooi dorpie, net bietjie klein en min om te doen in die dorp, maar dit bly mooi!"
"Sabie self in die dorp het vir my baie agteruit gegaan. Daar 'n paar goeie restaurante. Spar is 'n aangename plek om inkopies te doen. Maar res van dorp is ongelukkig verwaarloos volgens my."
"Fantasties al was dit mistig en koud. Sal graag Merry Pebbles in die somer besoek."
"Bekommerd oor die hoeveelheid winkels wat leeg staan. Bly 'n pragtige plekkie in die laeveld."
"Daar is verskriklik baie groot slaggate op die pad tussen Hazyview en Sabie. In Sabie self is die pad baie beter. Pragtige dorpie."
"A must stay at this lodge, a fantastic break away from the City life with surrounding areas that take ones breath away. Safe and clean with a touch of luxury. "
"Dis 'n ongelooflike deel van Suid Afrika wat naby baie historiese en natuurlandmerke is. Dis werklik iets om te beleef! Herfs voel vir my soos 'n beter seisoen want Sabie kan nogal nat word."
"Die uitsigte is pragtig, maar die paaie is vol slaggate en baie gevaarlik! Stresvol om daar te ry."
"Sabie is baie mooi, maar moet bietjie werk aan hul paaie binne in Sabie. Dis baie moeilik om daar te raai met al die slaggate."
"Almal in Sabie is gasvry en daar om te help. Vriendelike gemeenskap en pragtige omgewing. "
"Lieflike area. Pragtig geleë tussen die berge. Nodige artikels kan bekom word. Die Graskop Gorge Lift was 'n belewenis - bietjie duur, maar vir my die moeite en geld werd. Die pad na die Bridal Veil-waterval en 2 ander watervalle op dieselfde pad was regtig in gehawende kondisie, slaggat op slaggat op slaggat. Eetplekke in Sabie bied goeie diens en kwaliteit kos. Kan Cafe La Boulangerie se koffie en pannekoek met melktert-vulsel aanbeveel."
"The town itself was relatively quiet for a weekend but is is still very nice to visit. The roads in the area are however riddled with potholes so one must be very attentive while driving."
"A popular tourist destination and ideal stop-over for tourists wishing to explore the area."
"Sabie is baie na aan ons hart en het nog net mooi herinneringe daar. Dorp is mooi skoon en die restaurante puik!"
"Lieflike omgewing met so baie aktiwiteite en besienswaardighede - sommer verlief op die plek. Die potholes is effens skokkend en hier en daar kan 'n paar restaurante hul diens beslis opknap. 'n Besigheid wat moet besoek word is Kestell Adventures - fantastiese variasie van aktiwiteite en beslis 'n aanwins vir Sabie en omgewing - die beste manier om Sabie te leer ken en lief te kry is deur die oë en avonture saam met Kestell Adventures. Die roete na Horse Shoe-waterval het aandag nodig en my gunsteling Waterval bly Lone Creek Falls - bly om te sien dit word mooi opgepas."
"Om vanaf Olifantskamp deur die Kruger Wildtuin te ry tot by Sabie was die perfekte afsaal plek."
"Sabie is gorgeous - the Craft Beer restaurant a real hidden gem! Stunning part of the country! "