Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 484 resensies.
"Baie dinge in die omgewing om te sien en doen. Watervalle, oudhede, Sabie Brewing Company, en nog vele meer."
"Die heerlikste skaaptjops by Spar! Paaie na watervalle net buite dorp onbegaanbaar met sedanmotor. Groot jammerte."
"Dorp se strate is in 'n baie slegte toestand. Meer slaggate as straat."
"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."
"Die omgewing is baie mooi en baie om te sien. Soos alle dorpe het die dorp self maar baie agteruitgegaan sedert ons daar weg is! Moet egter nie daarom wegbly nie, die omgewing is te mooi om te mis."
"Terrible potholes in and around Sabie, Graskop, Pilgrims Rest. Tourist information in town was closed over the weekend. Many stores and establishments closed down in Graskop, Sabie and other surrounding towns. Roads and Towns neglected but all expected as a result of the pandemic. The accommodation more than made up for all of this."
"Paaie in dorp in swak toestand veral as dit in 2012-dorp van die jaar was."
"Sabie is afhanklik van die toeriste bedryf en siende dit nou so beperk is, is dit belangrik dat ons binne ons eie grense reis en hierdie tipe dorpies ondersteun. Die personeel by al die plekke waar ons was, was baie vriendelik en ook besorg oor jou veiligheid so praat met hulle en neem hulle advies dit kan jou jou hele ondervinding verander. Die Sabie Brewery se kos is fantasties, pryse is goed en hulle personeel ook! Die paaie kort aandag so hou jou oe oop en probeer om nie in die nag te bestuur nie die mis kan baie erg wees. The Elephant restaurant se kos was ook lieflik en pryse goed."
"Die paaie in die dorp en na van die watervalle is onbegaanbaar met 'n normale gesinsmotor. Kon nie orals gaan waar ons graag wou nie."
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."