Geverifieerde Resensie
Sandbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sandbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 80 resensies.
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Rustig en stil, maar naby die gewoel van Hermanus. Dagreise na verskeie plekke (Hemel-en-Aarde, Stanford, Gansbaai) binne maklike bereik."
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."
"Sandbaai is 'n lieflike dorp naby Hermanus met al die winkels binne bereik. Die mense is vriendelik en ons het ons vakansie werklik geniet. "
"Voorwaar 'n mooi en lekker plekkie om te bly. Mense baie vriendelik. Alle winkels en mediese behoeftes byderhand."
"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
"Besige paaie en ek het nie juis n vakansie-atmosfeer beleef nie. Weet nie hoe dit in seisoen is nie."
"Die ligging is ideal vir verkenning van omliggende plekkies terwyl dit tog ook bietjie rustigheid bied. "
"As jy lief is vir die see, is Sandbaai jou eindbestemming. Veral as jy Sandbaai Country House jou tuiste maak!"
"Ideaal vir 'n rustige wegbreek en vir die wat lief is vir die natuur en stap."
"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."
"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"