Geverifieerde Resensie
Schoemanskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Schoemanskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 22 resensies.
"Bly ons het uiteindelik by Indabushe uitgekom en dis bo-aan ons lys vir die omgewing, vir kamp of slefs net vir oornag."
"Schoemanskloof en die omliggende area is een van my gunstelingplekke. Veral in die somer is die hoeveelheid groen rondom jou asemrowend."
"Hoofpad baie besig. Die natuur is pragtig met die rivier al in die kloof. Baie voëlspesies om na te kyk."
"Die Dinopark en grotte en skoenlapperplaas was die hoofdoel van ons besoek en dit was heel interessant. Definitief die moeite werd gewees."
"Dis eenvoudig kos vir die siel en 'n paradys vir voëlkykers. Veral in die somer as alles lower groen is. "
"Dit is 'n pragtige en asemrowende omgewing met mooi berge en baie bome. 'n Kloof vol verrassings en die moeite werd om deur te ry."
"Ek is bly ek het dit ondervind, maar daar is baie ander plekke by Lekkeslaap waarby ek wil uitkom. "