Successfully reported

Verified Reviews

Sodwana Bay

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sodwana Bay

Rated 4.4 out of 5 based on 115 reviews.

Sodwana Bay

Mseni Beach Lodge

"Die kus is pragtig en skoon. Met mooi duikplek. Bly net weg gedurende Kersdag en Nuwejaarsdag, dan is dit 'n gemors!"

Sodwana Bay

Nwabu Lodge

"Dis heerlik."

Sodwana Bay

Dune View Cottage

"Lovely, clear sea and of course great for diving."

Sodwana Bay

Phumulani Lodge

"Fantasties, besig maar nie te besig nie, skoon strande en ongelooflike visvang!"

Sodwana Bay

Phumulani Lodge

"'n Juweel vir visvang, duik en sommer net rus en uiteet. "

Sodwana Bay

Nwabu Lodge

"Ek was mal oor die mooi strand en see, dis mooi skoon en jy kan orals swem en selfs op die strand ry en parkeer. Daar is ook 'n klein restaurant op die strand."

Sodwana Bay

Phumulani Lodge

"Dis duur om strand toe te gaan."

Sodwana Bay

Sodwana Bay Lodge House 45

"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."

Sodwana Bay

Triton Dive Charters & Lodge

"Absoluut ideale plek vir groot visvangers en duikers. "

Sodwana Bay

Flat Cat

"Geniet altyd die pragtige strand en rotspoele. Die baai sorg vir lekker swerm in die see. Pragtige bos-omgewing."

Sodwana Bay

Camp Jonathan

"Love Sodwana."

Sodwana Bay

Camp Jonathan

"Kort dringend 'n slaghuis."

Sodwana Bay

Camp Jonathan

"Is nie heeltemal wat ek verwag het nie, maar as jy wil visvang is dit die plek om heen te gaan."

Sodwana Bay

Flat Cat

"Ons gaan nou al 7 jaar in 'n ry na Sodwana en daar is nie 'n beter plek by die see in SA nie."

Sodwana Bay

Sodwana Bay Lodge House 45

"We enjoy the place. Especially if diving and fishing and 4x4 is something you love."

Sodwana Bay

Dumehlezi

"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."

Sodwana Bay

Phumulani Lodge

"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."

Sodwana Bay

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

Sodwana Bay

Mseni Beach Lodge

"Great place to visit."

Sodwana Bay

Camp Jonathan

"Beautiful. "

Sodwana Bay

Dumehlezi

"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."

Sodwana Bay

Mseni Beach Lodge

"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."

Sodwana Bay

Mseni Beach Lodge

"Dit was kleiner as wat ek verwag het. Nie 'n slegte ding nie. Wens net mens kon veiliger gevoel het. Ek moes die lug uit my bande blaas om op die strand te ry, maar toe ek die bande wou opblaas is daar net een plek om dit te doen en hulle kon ook nie help nie. Is net vertel die lug is op en dat ek Mbazwana toe sal moet ry. Nie iets wat ek graag wou doen met pap wiele. Sou gedink het hulle sou in hierdie opsig beter voorbereid gewees het."

Sodwana Bay

Mseni Beach Lodge

"Dankie vir die vriendelike ontvangs. "

Sodwana Bay

Toad Tree Cabins

"Love it! Had great dives with Amoray Diving."

Page
Page 4 - Showing 91 to 115

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers