Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 688 resensies.
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Laanhof"Van die beste restourante in die wêreld. Ons het vir die week by die universiteit se gimnasium aangesluit vir R200 en heerlik geoefen."
"Stellenbosch bly maar 'n mooi dorp in Suid-Afrika, en die rustigheid van die wynplase is beslis iets wat 'n mens 'n paar maal in jou lewe moet beleef."
"Klapmuts is lekker sentraal geleë, maar is ver genoeg van die stad af dat n mens weg is van die geraas en gejaag. "
"Klapmuts is huis vir 'n hele klompie top wynplase, pragtig."
"Ons het gehou van die feit dat ons op die aangrensende wingerde en weiende beeste kon uitkyk en die rustigheid van die omgewing was heerlik. Tog is die buurt nie baie gunstig tov die sentrale dorpskern geleë nie, en alhoewel dit nie ver daarvandaan is nie, was dit nie die ideaal nie. "
"Ons het hoofsaaklik wynproeë in Paarl, Stellenbosch en Franschoek gedoen, maar Klapmuts is se natuurskoon is betowerend en die ligging was perfek vir ons doeleindes."
"Maak vooraf seker oor die tye wat die plek oop is want ons was verras toe Fairview vir 'n privaat funksie vroeg gesluit het en nie alle eetplekke is oop vir ontbyt en aandete nie."
"Die Anton Rupert kunsmuseum is 'n moet. Babylonstoren is een groot hype en verkoop in $. Restaurante en straatkafees in Dorp/Kerkstraat is ongelooflik. Om te navigeer op straatname is 'n uitdaging, want dit bestaan nie. Moenie 'n GPS vergeet nie."
"Na ons ongeluk met ons huurmotor moes ons 'n verklaring by Klapmuts se polisie stasie gaan lewer het. Die diens was so flink en vinnig, ons was binne 5mmin daar uit."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Laanhof"Wonderlike restaurante en winkels in Sentraal Stellenbosch."
"Baie goed geleë, naby winkel sentrum en Medi-Clinic Hospitaal. Veilige omgewing met mooi parke vir die kinders."
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Apartments"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Baie stil vir 'n sentrale sakegebied en so skoon. "