Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 412 resensies.
"Pragtige en silwerskoon dorpie wat alles bied vir enige vakansieganger. Vriendelike mense wat jou verblyf nog meer genotvol maak."
"Ons geniet Stilbaai, dit is een van die plekke waarheen ons elke jaar sal teruggaan. Die mense is baie vriendelik."
"Still Bay is a beautiful holiday town with great restaurants and places to visit. The community is friendly and helpful. We will definitely visit again."
"Eerste keer maar verseker nie die laaste keer nie. Dit gaan my vakansiebestemming van keuse word. Perfek vir mense met kinders, daar is so baie om te doen en te sien."
"Die rustigheid van Stilbaai was vir my baie lekker. Weg van die stad se gevoel. Indien jy vir rustigheid soek, gaan Stilbaai toe."
"Ongelooflike natuurskoon, staproetes vir alle tipes, pragtige huise, veiligheid, goeie restaurante Om nie eers van die seestrand en strandmeer te praat nie. Die plek het ons hart gesteel en ons beplan alreeds ons volgende vakansie in Stilbaai."
"Baie lekker vakansiebestemming. Strande is fantasties. Al die bouvlagstrande is kindervriendelik. Lappesbaai, die hoofstrand is 'n baie lekker swemstrand. Daar is nie 'n helling nie, so jy kan lekker diep instap en die golwe is nie te rof nie. Skulpiesbaai is lekker vir snorkel, kan die kleintjies leer snorkel aangesien dit baie kalm is met laagwater. Die lagoon is ook baie lekker, met hoogwater is die stroom egter nogal sterk. Het lekker gestap by Geelkrans, baie mooi staproete vanaf preekstoel en strandlangs terug. Daar is 'n stukkie deur private grond voor jy op die strand kom, en as jy hoogtevrees het kan dit dalk erg wees aaangesien dit nogal 'n vinnige daling met 'n smal bergpaadjie is tot op die pragtige strand. Die toerisme buro is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ek kom al van 1974 soontoe en ons trek vir aftrede oor 2 maande soontoe sodra ons huis klaar gebou is! Dit sê seker genoeg!"
"Stilbaai beskik oor alle noodsaaklike besighede en dan ook 'n paar wonderlike inkopiebederwe. Die dorp word baie mooi onderhou."
"Stilbaai is 'n pragtige dorpie. Skoon en netjies. Die inwoners is vriendelik en ons was ook baie beïndruk met die vriendelike Afrikaanssprekende inwoners."
"Rustige, skoon en gemaklike vakansiedorp. Oor paar jaar dalk 'n aftree-opsie. "
"Lieflike dorpie met baie besienswaardighede, lang, skoon strand. Het veral die inligting oor mak palings by toeristekantoor en die besondere 'Tuin op die Brak' geniet."
"Ons gaan al vir jare na Stilbaai en dit is altyd 'n voorreg om daar te kan wees."
"Baie netjiese dorp en veiligheid is baie duidelik belangrik vir die inwoners asook die owerheid. Die dorp beskik oor twee supermarkte en 'n verskeidenheid winkels waar interessante aankope gedoen kan word."