Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Strandfontein

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strandfontein bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 135 resensies.

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Strandfontein is a lovely small coastal town. Found my stay very relaxing."

Strandfontein

Dikbek Se Plek

"Baie mooi plek aan die Weskus. Wind was net ysig koud gewees - ons stappies op die strand bietjie bederf (maar niemand het beheer oor die weer nie!). Baie lekker geëet by die restaurant. Sterk aanbeveel! Vriendelike personeel."

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Net om te ontspan en boek te lees of om strand toe te stap. Fantasties."

Strandfontein

Dikbek Se Plek

"Baie mooi. Nie te veel mense nie. Naby die blomme."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Pragtige plek, sal weer kom kuier."

Strandfontein

MosselStraat 3

"Baie lekker plek om te ontspan!"

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Lekker vis te kry op Doringbaai."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Ongerepte juweel. Eintlik tè bang tè veel mense ontdek die plek."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Die restaurant by die strand is nie oop op Maandae en Dinsdae nie. Doringbaai is dan die naaste eetplek."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Die natuurskoon is asemrowend. Die kampeerterrein is puik uitgelê en skoon en netjies. Die omgewing is ook skoon, paaie netjies. En daar is baie blomme om te sien."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Klein en netjiese dorpie langs die see."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Die staproete tussen Strandfontein en Doornbaai is pragtig en hoogs aanbeveelbaar."

Strandfontein

Zeldagar Strandfontein Akkommodasie

"Dit is 'n strand waar jy waarlik kan ontspan en sielerus vind. Daar is soveel om in die natuur te geniet. Lang ente se stap op die strand. Wandelpaaie in die natuurreservaat. Ag, net alles daar is so mooi en ontspannend. Dit wat ons die meeste geniet het, was die feit as die Strandfontein nie gekommersialiseer is nie. Hou dit asb so! Alles is skoon, die strand, die dorpie, alles. "

Strandfontein

MosselStraat 3

"Beslis 'n juweel in die Weskus se kroon."

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Sal beslis weer kom."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Ons was in die winter daar. Ons wil beslis in die somer 'n draai weer daar kom maak."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Moenie Papendorp en Doringbaai misry terwyl jy in Strandfontein is nie. Ons sal terugkeer en langer bly!"

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"My gunsteling-stranddorp, het hier naby groot geword!"

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Bitter veilig en lekker rustige dorpie. Ons sal Strandfontein weer besoek."

Strandfontein

Steenbras15

"Sal ons beslis weer sien!"

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Beslis 'n plek om te besigtig. Die Weskus bied 'n pragtige natuurskone dorpie vir oud en jonk."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Kommetjie restaurant se kos is fantasties en baie goed geprys."

Strandfontein

C Melody Selfsorg Eenhede

"Vir seker ons gunsteling-wegkomplek, blaaskans, asemskepdorpie."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Ongelooflik gewees."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Dit is maar 'n mens probleem, Saterdagoggend van 2021 se Paasnaweek toe lê daar 'n klomp rommel rond van Saterdag se braaiers onder by die see-braaiplekke en ek is nie eers 'n moangat nie, dit is net as jy die heeltyd in skoonheid vaskyk dan sien jy die vullis raak dadelik. Maar nog steeds 'n awesome plek maak dit jou trots."

Strandfontein

Dikbek Se Plek

"Uitstekende plek vir vakansie."

Strandfontein

Steenbras15

"Baie spesiale plek! 'n Moet-sien vir elke persoon!"

Strandfontein

Dikbek Se Plek

"Daar is slegs een kaffee/restaurant wat Maandae en Dinsdae gesluit is. Strand is nie besonders aantreklik nie."

Blad
Blad 3 - Wys 61 tot 90
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang