Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 490 reviews.
"Dit was my 2de besoek aan Sutherland, en die slaghuis wat geskuif het se diens is nie so vriendelik soos die vorige een nie. Geen fout met die vleis nie - inteendeel was dit heerlik sag."
"Enige sterrekyker se droom as dit nie bewolk is nie! Ons het ‘n wonderlike donderstorm ervaar met lekker reën. Jupiter het aangename personeel en deur beurtkrag het hulle ons baie tuis laat voel en lekker geëet!!!"
"Dis definitief 'n móét om te gaan sterrekyk by Sterland op Sutherland. "
"Ons het volgende oggend deur Sutherland gestap en bietjie vertoef by soldaat-grafte. Sal graag volgende keer die museum wil besoek. "
"Baie mooi omgewing, ons het baie nuwe dinge geleer en ervaar, wees net versigtig watter eet plekke gebruik word."
"Beslis die bestemming vir die wat rustigheid verkies en 'n belangstelling in die sterrehemel het. 'n Besoek aan Jurg by Sterland in die aand is ook die moeite werd - baie interessant!"
"'n Moet vir SA se mense. SALT beïndruk met grote, maar stop net daar. 80% van die demonstrasies werk nie. Niks is meer waar nie en word nie op tot datum gehou nie. Nuwe ontwikkelinge word nie bekend gestel nie."
"Wat 'n belewenis. So rustig! Mense is vriendelik. Blue Moon n aanwins vir die dorp. OK Minimark is die beste en netjiesste in die hele Wes-Kaap/Noord-Kaap waar ons gekuier het. Die omgewing maak jou jaloers deur te besef dat die lewe meer is as net die gejaag wat ons ervaar in Gauteng. "
"Ons het ook sterre gekyk saam met Jurg by Sterland. En ek sal dit vir seker aanbeveel. Wat ‘n belewenis! Sutherland lyk soos ‘n dorpie wat vasgevang is in die verlede en ek sal voorstel dat jy tenminste ‘n paar aande daar deurbring om te verken en die mense te leer ken. Een nag was nie genoeg vir ons nie, sal moet teruggaan. "
"Dit is baie interessant en as jy nog nie in Sutherland was nie het jy nie SA gesien nie."
"S.A.L.T observatory is 'n moet-sien as dit jou interesseer. Ou Meule se atmosfeer en kos is heerlik."
"Vir seker ‘n plek om te besoek met die sterrekyk-aanbieding in die aand (reël privaat) en ‘n besoek aan SAAO. Dan boonop plaaslike gasvryheid in ‘n besonderse deel van ons land."
"So baie om te sien en doen, gedink twee dae gaan dalk te veel wees, kon maar nóg twee gebly het. "
"Sutherland is 'n pragtige skoon dorpie met lekker eethoekies, winkeltjies en museums. Daar is ook heelwat blyplek te huur. Die mense is ook baie vriendelik. Dit het 'n interessante geskiedenis waaroor besoekers kan verneem in Jurg, by Sterland Kampering, se lêer wat hy jou in die hand stop as jy daar aankom. "
"Wonderful planetarium, bad gravel road for 20 km out of town or all the way back to Matjiesfontein to the N12."
"Twee passe naby Sutherland wat onbeskryflike mooi uitsigte bied is die Oubergpas en Komsbergpas. "
"Absoluut 'n moet-doen vakansie. Was 'n belewenis. Niks soos ek dit voorgestel het nie. Daar was genoeg om elke dag te ry en goed te doen. Alhoewel dit koud was, was die ontvangs van die dorp se mense hartsverwarmend. Baie veilige plekkie om heeltemal te ontsnap uit die stad se gejaag en net af te skakel en die mooi wat die dorp het om aan te bied, te waardeer. Dus 'n top-vakansiebestemming. "