Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 490 reviews.
"Ons het al die verskillende winkels geniet om te besoek veral die winkelsentrum en die vulstasie wat langs die pad geleë is. Die sterland teleskope en die teleskope by Suid-Afrika Astrologie Sterrewag (SAAO) en SALT. Dit was 'n belewenis! Dit was vir ons 'n sprokieswêreld met die sneeu wat geval het."
"Prys van vleis in die skaap-wêreld is belaglik. Koop in jou eie dorp."
"Ek dink daar kan meer gedoen word om hul sterre kyk uit te brei, ons het op 'n Donderdag oorgeslaap en toe was daar geen persoon of die SAAO oop om dit aan te bied nie. Gelukkig het ons reggekom by iemand wat ons gevat het op sy plaas en 'n wonderlike uur en 'n half gehad het met sy kennis en teleskoop."
"Ek sal volgende keer meer tyd in Sutherland spandeer en nie slegs as oorslaapbestemming gebruik nie. "
"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."
"Pragtige, skoon dorpie! Gastehuise en eetplekke te kies en te keur. Die sterrewag, die lesing oor sterre en planete by Jurg Wagener,die skoon lug en ongelooflike helder sterrehemel, het dit n onvergeetlike ondervinding gemaak. Die rit oor die Oubergpas is 'n moet! "
"Vriendelike mense. Die Blue Moon is beslis 'n plek om by te eet, enige tyd. Te lekker."
"Sutherland is 'n regte dorpie en 'n mens hoop dit sal altyd so bly. Die stofstrate, die gelui van 'n kerkklok, die flou straatligte is alles dinge wat Sutherland uniek maak. Die inwoners is baie vriendelik en 'n mens voel sommer net tuis."
"Sutherland was 'n aangename ervaring. Maak 'n draai (bespreek 'n toer) by die SAAO-tuiste van die SALT-teleskoop en eet ietsie in die dorp. Eet gerus by die "Ou Meule" - lekker kos en stewige porsies. "
"Dis 'n mooi dorpie en die SALT maak dit n volledige pakket vir 'n paar dae se rus."
"As 'n mens die Karoo en hul mense wil beleef, is dit die plek om heen te gaan. En natuurlik die sterre was asemrowend."
"Baie interessant vir twee tot drie dae se besoek. Vriendelike mense, oral hartlik ontvang."
"Sutherland is definitief 'n dorpie om te besoek. Natuurlik was SAAO en SALT die hoogtepunt van ons besoek. Sal dit verseker aanbeveel."
"Die SALT is die oorhoofse trekpleister, ook so die hemelruim en sterre. Die dorpie is skoon en netjies. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Lekker eetplekke. Kies maar eerder die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland. Die ander roetes is grondpaaie wat 'n uitdaging is, selfs vir 'n SUV. "
"Dit is 'n baie rustige omgewing en baie klein dorpie. Maak seker dat jy al jou inkopies het of klaar gekoop het teen Vrydag. Pak warm en koeler klere want die weer wissel nogal baie. Besoek die White House Inn and gaan kyk die sterre! Dit is rêrig die beste plek om dit te doen. As jul graag sneeu wil sien, moet nie in Julie Sutherland besoek nie. Pak lekker tekkies in vir stap en gaan saam met iemand wie se geselskap jy rêrig geniet. Sutherland is rêrig die plek om te ontspan en bietjie weg te breek. "
"Ons is baie bly dat ons by Jurg Wagenaar se Sterland gaan sterre kyk het. 'n Onvergeetlike ervaring wat mens nooit aan iemand anders kan beskryf nie. Dit is 'n MOET! Die SALT teleskoop is indrukwekkend, maar die hele dagtoer is vervelig in vergelyking met die vorige aand se ervaring. "
"Sutherland is pragtig en het 'n heerlike atmosfeer. 'n Besoek aan SALT en Jurg Wagenaar by Sterland asook die NG Kerk is sterk aan te bevele."