Verified Reviews
Swartland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swartland
Rated 4.4 out of 5 based on 185 reviews.
"Dit is beslis die beste bewaarde geheim in die Wes-Kaap. Dankie tog ons het dit ontdek. Ons sal beslis weer terugkeer na Church Hills en Riebeek Wes/Kasteel. Ek kan verstaan waarom kunstenaars dol is oor hierdie stukkie aarde. Selfs in hierdie droogte waarin ons gewikkel is, is dit 'n stukkie hemel hier op aarde."
"Ons is mal oor die Malmesbury-omgewing. Dis altyd lekker om soontoe toe gaan. Die mense is altyd vriendelik en verwelkomend."
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Pragtig plek. Skoon en netjies. Amazing Spar op die dorp. Sal graag daar gaan bly!"
"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Ongelooflike dorpie en omgewing. Jy mis uit as jy nie hierdie area besoek as deel van jou Kaap-vakansie nie. "
"Dit was baie gemaklik. Die mense was almal baie vriendelik en die ontbyt was baie lekker."
"'n Goeie bestemming met 'n kaleidoskoop van moontlikhede om te verken, en behoort aan die verwagtinge van jonk en oud te voldoen."
"Wat 'n plesier om deur die dorp, veral woonbuurt te kon ry. Baie naby aan stad."
"Dit is 'n pragtige, skoon dorpie met baie vriendelike mense. Kan dit aanbeveel vir enige toekomstige besoekers."
"Wonderlike ligging. Dis bietjie iets anders, veral met die fokus op platteland en olywe. Sal definitief weer kom."