Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9672 reviews.
"Baie naby aan Meiringspoort en die Swartberg pas en Prince Albert. Mooi dorpie. Baie rustig."
"Witsand is maar baie primitief met net 2 winkels wat elke dag 5 uur toemaak. The Sands winkel is vreeslik duur met hulle produkte."
"Ons ken Stilbaai al vir baie jare, en kom jaarliks terug na hierdie veilige, vriendelike, skoon en goed bestuurde dorp. Verseker is 'n besoek aan Stilbaai goeie waarde vir geld."
Great Brak River, Garden Route
Gleniqua Bliss Holiday Home"Baie rustig, groot strand vir stap, seestrome bietjie rof vir swem."
"Nie regtig 'n Mosselbaai-aanhanger nie. Sal nie in Mosselbaai self vakansie hou nie."
"'n Moet om na Map of Africa te gaan kyk, diens by restaurante is uitstekend. Skoon netjiese dorpie."
"Die verkeer in die dorp kan nogal bietjie besig raak en is 'n goeie voorstel dalk om net êrens te stop en te loop na verskillende winkels en malls, want alles is letterlik langs mekaar, maar die dorp beskik oor elke moontlike winkel wat jy aan kan dink. Die Waterfront is ook baie lekker met soveel winkels en restaurante, ook lekker piekniekarea by die strand en veilige wandelpaadjies"
"Ek verkies Plettenbergbaai. Knysna is in my opinie 'n "niks"-plek en daar is nie eintlik iets wat my na die dorp trek nie. Maar dis net my opinie, en ek is seker daar is baie meer mense wat mal is oor Knysna."
"Dit is 'n uitstekende vissersbestemming maar as jy net rus vir jou siel soek, is dit net so ideaal."