Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9672 reviews.
"Ek dink Stilbaai is 'n lekke plekkie om af te tree want dis nog veilig en rustig en mens kan lang ente gan stap op die strande. Mooi skoon dorp."
"Rustig met sy eie aangename karakter, as bergfietsryers sal dit lekker wees om inligting oor moontlike roetes in die omgewing te kan kry in brosure of op internet."
"Heatherlands is a suburb of George close to restuarants, shops and with easy access to surrounding tourist destinations. "
"Juis omdat Witsand so klein en rustig is, is dit die ideale plek om te gaan besoek buiteseisoen. En ons het gehoor dat dit behoorlik "kook" binne seisoen. Vriendelike "omgee" mense. "
"Indien dit sonskyn weer is, is daar heelwat om te doen en kan mens dit geniet."
"Knysna se waterfront raak stagnant. Sekere restaurante se diens het uiters swak geraak. "
Baviaanskloof Entrance, Garden Route
Keurfontein Country House"Alhoewel die Baviaanskloof die hoofrede vir ons besoek was, is daar soveel meer om te doen en te sien in die Willowmore, Baviaans- en Uniondale omgewing. Dit is beslis nog 'n besoek werd."
"Was 'n baie mooi plek. Baie goed om te doen om 'n mens besig te hou. Rustig daar. Heerlike eetplekke! Dit was lekker om die strande te besoek al is dit nie swemstrande nie."
"Die plek is nie vir almal. As jy rustigheid en 'n laid-back atmosfeer soek, kortbroek en plakkies, dan is dit vir jou. En natuurlik vir vissermanne en -vroue. Die naaste mall is in George, maar Nella se Winkel is net 'n kortkop agter."
"Pragtige woonarea , boomryk met verskeie parke wat stap en ontspan lekkker maak. Ook heel veilige area - selfs saans voel jy veilig om te stap. Binne loopafstand van winkels dog baie stil en rustig. "
"Heroldsbaai is klein en baie pragtig. Dit is 'n uitstekende basis om die res van die Suid-Kaap te besoek as dagritte."
"Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan."