Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 408 reviews.
"Dis 'n redelike klein dorpie, so daar is nie baie om te doen na besigheidsure nie. Die meeste wynplase maak ook 14:00 se kant toe op Saterdae."
"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."
"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
"Dis pragtig vir 'n oornagplek, maar daar is niks meer om te doen as om net die stilte te geniet nie en dit kan dalk uitdagend wees met tieners. "
"'n Pragtige, vriendelike en skoon dorp! Sal Tulbagh graag weer wil besoek."
"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
"Baie mooi dorpie met die vriendlikste mense. Genoeg verskeidenheid wynplase en alle plekke wat jy besoek gee jou 'n kaart van alles wat jy kan doen in Tulbagh. Sal graag wil sien hoe lyk die dorp met sneeu op die berge."
"Dis altyd interessant en heerlik om in Tulbagh te kuier. Ons het die dorpie al verskeie kere besoek en wil altyd net weer terug daarheen. Hierdie jaar het die ernstige droogte 'n demper op ons entoesiasme geplaas maar ten spyte daarvan is dit nog een van die mooiste plekkies in ons land."