Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Clarens is 'n pragtige plek om bietjie te kom afsluit van die dorp se gejaag. Maar na die naweek is my hartseer teenoor Clarens."
"Baie oulike plek, groot verskeidenheid winkeltjies en eetplekke."
"Bloemfontein in general is run-down and dirty, lots of rubbish lining the unkept pavements. There is a private entity that has improved some parts and has neatened up areas. Bloemfontein's saving grace is its friendly people."
"Die dorp het soveel potensiaal maar die plaaslike munisipaliteit moet bietjie aandag gee."
"Goeie basis om Oos-Vrystaat-omgewing te verken. Kersie-padstal na Ficksburg en padstal na Ladybrand het unieke produkte."
"Dorpie kort baie aandag. So jammer! Dit moes voorheen 'n pragtige dorpie gewees het."
"Daar is nie veel in Fouriesburg vir toeriste nie, toeriste gaan Clarens toe vir aktiwiteite. Fouriesburg dien die doel vir 'n vakansie om te gaan rus - om so min as moontlik vir so lank as moontlik te doen."
"Bloemfontein het baie mooi plekkies en die dorp se mense is vriendelik. Dit is 'n ideale wegbreekgeleentheid, asook 'n baie praktiese plek om in te oornag indien mens reis."
"Soos in die res van SA is loadshedding maar 'n probleem maar ons is almal nou seker al gewoond daaraan."
"Ons was daar vir Bokkieweek. Hulle was hierdie jaar meer voorbereid as verlede jaar vir ons duisende mense. Dankie ook vir die welkom "banner" in die hoofstraat. Dit word gesien en waardeer."
"Altyd verwonder oor die natuurskoon en die kersie op die koek was die bietjie sneeu. Heerlike pizza gehad by Mosaic en Roterhan altyd heerlike restaurant."
"Die dorp Clarens is "overrated". Alles is baie duur en vir Suid-Afrikaanse toeriste raak dit amper onbekostigbaar. Die omgewing en die berge maak egter op vir 'n toeristedorp wat nie meer aan my verwagtinge voldoen nie."