Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1634 resensies.
"Die mooiste plek wat ek nie eers gedink het voorheen nie, sal beslis weer gaan."
"Die dorpie lyk 'n bietjie afgeleef op die oog af. Moontlik is daar versteekte juwele. "
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vir Altyd"Sal beslis weer Leeupoort Vakansiedorp besoek. Hulle staan nie een tree terug vir Marlothpark nie."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Mabalingwe Itaga 619"Die wild is baie min! Ons het vir 6 ure rondgery en net rooibokke en vlakvarke gesien. Dit word geadverteer as 'n Groot 5-reservaat, maar daar aangekom vind ek uit leeus word apart aangehou en teen 'n heftige fooi kan jy na die lion feeding gaan kyk op Woensdag- en Sondagoggende. Die warm swembaddens was toe nou glad nie so warm nie. Jammerte. Kalahari Oasis is 'n great pub!"
"Ons het Warmbad besoek en was beïndruk oor die algemene netheid en die hoeveelheid skoon swembaddens daar was. Vir 'n eerste besoek was ons in ons skik. "
"Ons het Saterdagoggend ontbyt gaan eet by Die Koffiekan. 'n Baie aangename plek om te ontspan."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Mabalingwe Itaga 619"Ons het maar min wild gesien, en baie min voëls, maar ek dink dit is normaal vir die tyd van die jaar wanneer die bome nog nie vrugte het nie."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Wharthog Corner Leeupoort"It is best to take all the food you need with, as the shop is very sparse and it's quite a drive to either Thabazimbi or Bela Bela if the shop doesn't have what you need. The walking/cycling is excellent. A great place to get away from city life and relax. "
"Ek dink persoonlik Mookgopong is 'n pragtige plek wat 'n bietjie meer besoek kan word."
"Ken dit nie rêrig nie. Weet Klein Kariba is 'n uitstekende wegbreek bestemming vir almal. "