Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36824 reviews.
"Nie genoeg vir kinders om te doen nie al is daar strande. 'n Lekker warm swembad in die winter sou lekker gewees het soos by Club Mykonos maar dit is net vir members only."
"Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld. "
"Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai."
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"
"Was te kort daar om 'n ingeligte opinie te gee. Loop 'n bietjie rond in die dorp. Dit lyk tog of daar hier en daar 'n verrassing kan wees."
"Greyton is in 'n ongelooflike mooi vallei geleë en die dorp self is seker een van die mooiste wat ek nog gesien het. 'n Verskeidenheid van interessante eetplekke om van te kies en genoeg vir die hele familie om te doen."
"Hul rol die strate op op 'n Sondagmiddag/aand...geen behoorlike eetplekke nie. Maar die see en omgewing is pragtig, en die dorpie prentjiemooi..."
Stellenbosch Central, Western Cape
Roosenwijn Guest House"A wonderful town, with a fabulous vibe. Steeped in history."
"Mcgregor is 'n verrassing. Dis n pragtige, skoon en rustige dorpie. Die geluide van die dorp is so pragtig."
"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."
"Absolutely loved St Helena and planning on retiring there. What a safe haven with unspoilt beauty all round and a beautiful, friendly community."