Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"'n Tipiese, plattelandse dorp. Die rustigheid en die hulpvaardigheid van mense het my opnuut aangegryp. Mense het regtig nog tyd vir 'n mens."
"Oulike antieke winkels. Nog sulke plekke sou lekker gewees het. Greyton ook naby genoeg."
"Ons is mal oor Yzerfontein. Dit is 'n stukkie paradys net 'n uur vanaf Kaapstad. Dit is nog nie gekommersialiseer met baie winkels en restaurante nie. 'n Plek om net te rus en te ontspan! "
"Ek gaan telkemale terug na Montagu omdat ek elke keer so lekker daar kuier."
"Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie."
"Struisbaai lê my na aan die hart. Ons het altyd Desembervakansies in Struisbaai/Agulhas deurgebring."
"Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan."
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Dis my tweede besoek aan die dorp en dis duidelik dat die blyplekke aan die seekant vervalle voorkom en dit minder aantreklik maak."
"Baie mooi en skoon dorpie en die mense is almal vriendelik en behulpsaam. Padstalletjies word ook 100% aanbeveel."