Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2064 resensies.
"Die droogte, watertekort en die onveiligheid van die dorp as geheel is 'n bekommernis vir iemand wat 'n besonderse boservaring beplan. Die grondpaadjies word nie instand gehou nie. 'n Gewone motor kan nie meer al langs die Krokodilrivier ry nie."
"Marlothpark is altyd lieflik. Ons het vreeslik baie diere gesien deur net in die park rond te ry."
"This was our first visit to the park, and we will definitely go back in the near future. It's close to both Crocodile Bridge Gate and Malelane Gate to enter the Kruger National Park. Marloth Park has its own shops, restaurants and security to ensure an overall safe stay. We saw a whole elephant family, and waterbuck on the river bank at one of the restaurants: The Amazing Kruger View. The park is clean and well looked after. We also enjoyed the friendly community that welcomes you, and the wildlife forming part of this park makes it even more special. An absolute must for any one who loves wild life and the bush."
"Marlothpark is wonderbaarlik mooi! Soveel diere om te sien en jy hoef nie eers te soek vir hulle nie!"
"My persoonlike observasie is dat daar baie mens is wat rondbeweeg, maar kan nie sien dat daar iewers werk gedoen word of ingeboek is nie. Toegangsbeheer op voetgangers moet verbeter."
"Rustige atmosfeer. Winkelsentrum het alles in wat nodig is. Gerieflik naby aan die Krugerwildtuin."
"Marlothpark is altyd vir ons 'n lekker plek om by te gaan rus."
"Almal was baie vriendelik en opgewek. Spesiale dankie aan die lifeguard by die swembad was so mooi na al ons kiddies gekyk het. Dink sy naam was Sipiwe/Sipiwo."
"Sal baie graag daar wil grond koop en plek bou vir aftrede. Netjies en baie skoon."
"Ek was net ’n bietjie bekommerd omdat daar so baie locals vrylik in Marlothpark rondloop."
"Die verskeidenheid wild in Marloth Park is 'n bonus as mens nie die dag Kruger toe wil ry nie! Rustigheid en vrede is kos vir die siel."