Geverifieerde Resensie
Witzenberg Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witzenberg Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 495 resensies.
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Tulbagh Mountain Manor"Dis 'n redelike klein dorpie, so daar is nie baie om te doen na besigheidsure nie. Die meeste wynplase maak ook 14:00 se kant toe op Saterdae."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Saronsberg Vineyard Cottages"Oulike dorpie met klein winkeltjies."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Fraaigelegen Farm"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Fynbos Guest Farm & Animal Sanctuary"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
EpiStay"Ongelooflik mooi en die hotel maak die lekkerste pizzas en het selfs vir my troeteldier bak met water gebring!"
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Manley Wine Estate"Pragtige plek vir toeriste, ek sal beslis terugkom. "
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Tulbagh Mountain Manor"Sal die "valley of abundance " weer wil besoek."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Tulbagh Mountain Manor"Dis pragtig vir 'n oornagplek, maar daar is niks meer om te doen as om net die stilte te geniet nie en dit kan dalk uitdagend wees met tieners. "
Tulbagh, Witzenberg Municipality
EpiStay"Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Bergsicht Country Cottages - Ruby Star"Die plek kan warm word in die somer."
Prince Alfred Hamlet, Witzenberg Municipality
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Bergsicht Country Cottages - Ruby Star"'n Pragtige, vriendelike en skoon dorp! Sal Tulbagh graag weer wil besoek."
Wolseley, Witzenberg Municipality
11 Protea"Pragtige omgewing! Lekker naby Tulbagh, trouvenues en bekende wynplase! "
Tulbagh, Witzenberg Municipality
EpiStay"Dis 'n pragtige, skoon plek met fantastiese argitektuur en winkeltjies wat 'n mens ure kan besighou."
Bovlei, Witzenberg Municipality
Merlot171 B&B"'n Minder bekende deel van die Kaap met baie voordele!"
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Fraaigelegen Farm"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
The Tulbagh Boutique Heritage Hotel"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Raptor Rise Farm"Daar is beslis 'n behoefde vir meer restaurante in die Tulbagh en die omgewing."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Lemberg Wine Estate"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
Tulbagh, Witzenberg Municipality
Raptor Rise Farm"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
Bovlei, Witzenberg Municipality
Wellington Country House Guesthouse"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
Prince Alfred Hamlet, Witzenberg Municipality
Hamlet Country Lodge"Nie veel om te doen nie. Ons het spesifiek vriende gaan besoek. Wel pragtige deel van ons mooi land met wonderlike bergpasse en rots formasies! "