Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 768 reviews.
"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"
"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
"Die omgewing (Weskus tot by Langebaan) gerieflik bereikbaar. In Yzerfontein self is beperkte toeriste=besienswaardighede en die see is heelwat te koud vir mense wat die Natalse suid- en noordkus gewoond is."
"Is absoluut verlief op Yzerfontein en al die weskus dorpies. Beslis een van my gunsteling vakansie bestemmings."
"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Lekker naby aan die Kaap met baie om te sien en doen in die omgewing."
"Yzerfontein is 'n baie klein dorpie met die mooiste natuurskoon en rustigheid. 'n Definitiewe aanbeveeling as jy wil rus en wegbreek van die stadslewe."
"Yzerfontein is 'n heerlike low-key en pragtige dorpie, lekker restaurante - Strandkombuis moet nie gemis word nie! "
"A lovely tranquil village, everything you could need is there. Lovely people everywhere."
"Asemrowende seedorpie, mooi huise. Die water is koud, so nie vir swem nie, maar stap en visvang. Lekker geëet by die Rooi Granaat in die aand (ou wêrelds, kandelare, persoonlike diens) en die Beaches restaurant (ligging en uitsig pragtig en kos lekker). Basiese winkels is goed genoeg, soos Spar en apteek. Nie te ver van die Kaap af nie en ook naby Darling as mens dit wil besoek. Kan winderig en koud wees in die winter en lente. "
"Yzerfontein is baie stil, perfek vir mense wat juis wou wegkom van die alledaagse gewoel van die stad. Daar is wel 'n paar holtetjies waar mens bietjie kan uitkom en meer van die locals kan ontmoet. Een so 'n plek was Die Rooi Granaat, 'n klein maar fancy restaurantjie in die hartjie van Yzerfontein. Die mense was so vriendelik en verwelkomend, en die kos hemels! Geen kuiertjie in Yzerfontein sal die moeite werd wees sonder om daar ook 'n draai te maak nie. Dit was vir ons die cherry op die koek van ons vakansie in Yzer. "
"Very nice little town, even though it is not to far from Cape Town you feel like you are far away from the city life."