Geverifieerde Resensie
Zululand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1059 resensies.
"Baie verander vandat ek daar was, plekke wat nice was bestaan nie meer nie."
"Ongelooflike dorpie met so baie om te doen en sien. Het dit baie geniet en kan nie wag om weer terug te gaan nie!"
"Hluhluwe is 'n lekker middelpunt vir vele bestemmings in Noord-Natal."
"Om die strande te besoek moet jy deur padblokkades gaan. Op pad na Cape Vidal het die polisie hele voertuig deur soek vir alkohol al het ons gesê daar is nie. "
"St. Lucia dorp het baie agteruit gegaan gedurende die, of as gevolg van die Corona grendeltydperk. Die feit dat jy soos 'n krimineel behandel word as jy die strand wil besoek deur sekuriteitswagte wat aangestel is om drank en wapens op die strand te voorkom, wat ons ten volle ondersteun, is nie aanvaarbaar nie. Ek sal aanbeveel hulle word op 'n toerismekursus gestuur en geleer hoe om met gaste te werk en praat. As gevolg van die ongeskikte/onprofessionele optrede sal ons eerder ander bestemmings in KZN besoek."
"Die krokodilplaas is in 'n baie swak toestand en die diens was uiters swak van die personeel. Dit het voorgekom asof die persone by ontvangs besoekers ignoreer."
"Perfekte plek om te rus en vir die wat hou van visvang is dit 'n ideale plek."
"St. Lucia is nog een van die min dorpe in ons land wat baie netjies en skoon is."
"'n Pragtige plek met 'n pragtige en lekker swemstrand. Fantasties vir duik en snorkel en die strand is pragtig skoon."
"Baie lekker vakansiebestemming. Het die see en wildkyk op een plek. Baie om te doen en kan lekker in die dorp rondstap en restaurante besoek."
"Mtunzini is meer aan die veilige kant, klein dorpie aan die kuslyn met 'n ongerepte strand. As jy 'n rustige vakansie soek is Mtunzini vir jou."
"My all-time favourite. Die perfekte, vriendelikste en lekkerste dorpie om in vakansie te hou! St. Lucia gee my siel vrede."