Successfully reported
+23

17 Skiathos Penthouse

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Ocean Drive, 17 Skiathos, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

17 Skiathos Penthouse is op die derde verdieping van 'n strandfront-kompleks in Shaka's Rock geleë en spog met 'n ononderbroke uitsig oor die see. Let dat die kompleks nie 'n hybak het nie en dat daar 2 stelle trappe is wat na die woonstel lei.

Die woonstel het lugversorging, bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne, bad- en strandhanddoeke en 'n haardroër word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër, asook 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met toegang tot DStv Now en Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Met so 'n oopplan-uitleg en 'n kroeg buite, sal gaste heerlik buite op die balkon kan kuier en die sonsondergang kan bewonder terwyl hulle saam met vriende aan sjampanje teug en die dolfyne in die branders dophou.

Die kompleks het 'n groot, gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, asook 'n nagwag. Gaste het toegang tot aangewese parkeerplek en oop parkeerplek vir besoekers en 'n sleepwa.

Die kompleks het 'n sekuriteitshek wat direkte toegang tot die strand bied en daar is 'n groot getypoel aan die regterkant van die kompleks.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 17

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 33 Ocean Drive, 17 Skiathos, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 17 Skiathos Penthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 800
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 7)
Vanaf
R 2 800
per nag (plek vir 7)
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Ocean Drive, 17 Skiathos, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA693b938f297a2c877ea37aef35af4aca72804521d31d1aac69aa992a7055f928fdcb0c831454791685c89e434ca60d8bf73a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 7) 3 5 1 5 33 Ocean Drive 17 Skiathos 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -29.511817740514 31.231842417336

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang