21 De Valle
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 5 Okt 2025 tot 26 Nov 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 150R1 035 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
21 De Valle is in Diaz-strand, Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en trekpleisters.
Dié woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 3 kamers met slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het ‘n stapelbed. Die tweede badkamer het ‘n bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en ‘n skottelgoedwasser. Die sitarea het gemaklike rusbanke, ‘n TV en ‘n eetarea met oorgenoeg sitplek. Die eenheid lei na ‘n groot balkon met ‘n etenstafel vir 6, ‘n sambreel, Weber-braai en ‘n see-uitsig.
Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe en ‘n swembad. Daar is ook 'n waskamer met wasmasjiene en 'n gemeenskaplike area waar klere gehang kan word. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die eenheid is net 100 m vanaf Diaz-strand en Diaz Waterpark met waterglybane en ander prettige doendinge. Die Diaz Hotel, wat langs De Valle is, bied spa-geriewe en ‘n restaurant.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gerrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink 21 De Valle het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang