Successfully reported
+21

21 De Valle

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 5 Okt 2025 tot 26 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 R1 035 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

21 De Valle is in Diaz-strand in Mosselbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die woonstel op die eerste verdieping beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Dit loop uit op 'n ruim balkon met 'n 6-sitplektafel, 'n sambreel, 'n Weber-braai en pragtige see-uitsigte.

Daar is lieflike, gemeenskaplike braaigeriewe en swembad beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf. Daar is ook 'n waskamer met wasmasjiene en 'n gemeenskaplike area waar klere gehang kan word. Gaste word veilige, onderdakparkeerplek op die perseel aangebied.

Die eenheid is net 100 m vanaf die bekende Diaz-strand en die Diaz-waterpark met waterglybane en ander prettige doendinge. Die Diaz Hotel, wat langs De Valle is, spog met spageriewe en 'n restaurant.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marc F
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Was baie lekker 100%.
Jul 2025
Mornay V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie ontspannend. Rustig en ideaal vir wegbreek. Beslis die moeite werd gewees. Baie lekker ligging, naby groter sentra vir inkopies. Weer was wonderl...
Sien meer
Mei 2025
Elmien H
Gesin met tieners
5.0
Perfekte veilige vakansie-plek met mooi see uitsig en baie goeie ligging. Ons het so lekker gebly by 21 De Valle en sal beslis weer daar gaan bly as o...
Sien meer
Apr 2025
Koeta F
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend, en baie uitgerus. Baie gerieflike en skoon eenheid met genoegsame geriewe vir die hele gesin, selfs skottelgoedwasser vir kinders wat baie...
Sien meer
Jan 2025
Sandra G
Gesin met tieners
5.0
Baie baie goed. Uitstekende verblyf en diens. Sal weer daar bespreek.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Gerrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink 21 De Valle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
R 1 150 R 1 035
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 150
R 1 150 R 1 035
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 150
R 1 150 R 1 035
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAae30f5f16afb9cdd1e258b0f03602a450a10553da4628953cc05ecdaef1e653b466851a331545eb1975662aa9c5f20f24bca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R1 035 per nag (plek vir 6) 21 5 1 5 Beach Boulevard West Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.16045788153 22.108770712947

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang