Successfully reported
+26

21 Dunes Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Gemsbok 305, 40 km from Aranos, Hardap
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

21 Dunes Camping verwys na 21 rooi duine op 'n werkende wild- en skaapplaas in die Kalahari, in die Suidooste van Namibië, 40 km vanaf Aranos.

Daar is 2 kampeerplekke beskikbaar wat baie ver van mekaar is en elk op 'n duin geleë is met ongelooflike uitsigte oor die plaas asook asemrowende sonsondergange. Kinders kan veilig op die duine speel terwyl ouers om 'n kampvuur ontspan.

Die kampeerplekke het elkeen hul eie toegeboude badkamer met warm water, sonkrag vir ligte asook 'n onderdakkombuis.

Daar is ook 'n selfsorg-chalet beskikbaar wat 4 volwassenes en 2 kinders kan akkommodeer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die sitarea het 'n stapelbed vir kinders en die gedeelde badkamer het 'n bad en stort. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en gaste het toegang tot braaigeriewe.

Kameeldoring hout en lamsvleis te koop op die perseel. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Andre D
Saam met lewensmaat
5.0
Wens ons kon langer bly! Heerlik doodstil, pragtig in die Kalahari!
Jul 2025
Elaine S
Gesin met tieners
5.0
Die Kalahari is goed vir die siel! Ons het heerlik gerus by 21 Dunes se gerieflike self-catering chalet. Smaakvol gemeubileer wat pas by die omgewing....
Sien meer
Jul 2025
Susan J
Saam met lewensmaat
5.0
'n Gerieflike kampplek met wonderlike geriewe. Dit was heerlik in die pragtige natuur. Die gasvrou is dierbaar en wil graag help waar sy kan. Het skaa...
Sien meer
Jul 2025
Leana B
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties! Die blyplek het alles wat jy nodig het, en is goed ingerig en is alles van goeie gehalte. Die area is pragtig en die eienaars is ook baie ...
Sien meer
Apr 2025
Nelise D
Gesin met klein kinders
4.8
Baie mooi omgewing en mooi, netjiese blyplek. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

André Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 55

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Plaas Gemsbok 305, 40 km from Aranos, Hardap
  • Gaste dink 21 Dunes Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Gemsbok 305, 40 km from Aranos, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8bc5d6905e9b268ee50b7bbb70d1cefc20ce61b8abc015ad7dd3e093d460e74d53522c890126ee20f19e49b02bc752975ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Plaas Gemsbok 305 40 km from Aranos Hardap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.319500355749 18.847815064116
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang