3 Palms
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 31 Station Road, Sunwich Port, 4230, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R600R510 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
3 Palms is 'n bekostigbare selfsorgwoonstel in Sunwich Port en is ideaal vir 'n rustige wegbreek vir 'n gesin of 'n groep vriende. Die eenheid is binne maklike bereik van strande, restaurante en winkelsentrums.
Hierdie eiendom bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Dit lei na 'n toegeboude stoep met 'n tafel en stoele en 'n uitsig oor die see en tuin. Die aparte badkamer het 'n stort en wasbak, en die toilet is apart. Linne en badhanddoeke word voorsien vir al die beddens.
Die leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele en die sitarea het 'n dubbelslaapbank en enkelbed. Die eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale.
Daar is ook 'n beskutte houtdek met nog braaigeriewe.
Die agterdeur bied toegang tot die buite-area met 'n ingeboude braai, 'n piekniektafel en daar is tafels en stoele in die tuin vir gaste om die ontspan en die vars lug te geniet. Daar is 2 JoJo-tenks en gratis, veilige parkeerplek vir 1 voertuig.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Willie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 47
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 31 Station Road, Sunwich Port, 4230, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 3 Palms het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 31 Station Road, Sunwich Port, 4230, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang