Successfully reported
+8

35 on First

Gastehuis
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 First Avenue, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

35 On First bied gerieflike verblyf in Boston, 'n buurt van Bellville. Dit is 'n goeie keuse vir 'n paartjie wat kuier in die noordelike deel van Kaapstad. 35 on First is stapafstand vanaf Melomed, Louis Leipoldt Hospitaal, Karl Bremer Hospitaal en die Kaapse Ooghospitaal, en Durbanville en Cape Gate Winkelsentrum is net 'n paar minute se ry van hier af.

35 on First bied 'n gastekamer binne die huis met 2 enkelbeddens, 'n TV, mikrogolfoond, ketel, koppies, koffie, tee, beskuit, plafonwaaier, verwarmer en elektriese komberse. Die badkamer is langs die kamer en het 'n bad en aparte toilet.

Onderdakparkeerplek word voorsien. Geen etes mag in die kamer voorberei word nie, maar gaste kan wegneemetes bestel en geniet. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie. Rook is verbode in die kamer.

Die perseel is langs die hoofpaaie van die voorstad en 5 minute van die N1 af, wat verkenning van die area vergemaklik. Gaste kan die winkels en restaurante in die Tygervallei Winkelsentrum besoek of selfs die vele besienswaardighede van Century City gaan ontdek. Die perseel is ook ongeveer 'n halfuur van die strand af en etlike minute van 'n paar verskillende wynroetes af (afhangend van die verkeer).

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
DStv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Laetitia J
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike tyd gehad by 35 on First. Ons het ’n heerlike tyd gehad by 35 on First. Die plek was netjies, veilig en gemaklik, met alles wat ’n mens nod...
Sien meer
Okt 2025
Marelize T
5.0
Gerieflik, skoon en netjies. Hanlie was baie behulpsaam en gasvry. Waarde vir geld. Verblyf was gerieflik naby aan die Tygerberg Kampus wat dit maklik...
Sien meer
Jan 2025
Eartha A
Saam met lewensmaat
5.0
I enjoyed the quietness and it was central. Our stay was peaceful. I will recommend this accommodation to anyone.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Renette H
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent attention to detail. Quaint and gorgeous. The accommodation is a room (with facilities) inside a home. Despite being inside a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Liezl P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie dankie vir julle gasvryheid, ons het dit regtig waardeer. Dit was 'n baie lekker week. Baie dankie.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 35 First Avenue, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink 35 on First het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 450
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 450
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 First Avenue, Boston, Bellville, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ5MDdmNjEwLTQzNDEtNDdhYy04MTQ2LTU4Y2JjZDFhZTVhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450 per nag (plek vir 2) 76 5 1 5 35 First Avenue Boston 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.90077 18.61851

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang