39 Canal Road
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R1,200.00 per bespreking
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Die eiendom mag nie as 'n plek vir funksies of partytjies wees sonder die verhuurder se skriftelike toestemming nie.
Rook is verbode binne die eiendom, gaste word slegs toegelaat om buite te rook.
Geen troeteldiere word toegelaat sonder die Verhuurder se skriftelike toestemming nie.
Nie meer as 10 gaste word toegelaat om in die huis te slaap nie.
Die huurder mag nie ander eiendomme in die area steur of 'n oorlas wees nie.
Geen personeel van die huurder mag op die perseel slaap nie.
Daar is drie kajakke beskikbaar vir jou gebruik teen geen ekstra koste nie.
Die huis het 'n sleutellose toegangstelsel.
Gas vir die kaggel is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Bestel asseblief die gas voor jou verblyf.
Huishulpe, Skoonmaak en Was:
Die diensfooi sluit 'n voor- en na-verblyf skoonmaak van die huis en linne in. Indien ekstra skoonmaak verlang word, sal dit as 'n ekstra gehef word.
Om die hoë standaard van netheid van die huis te handhaaf is dit ons beleid dat dit deur ons huishoudster gediens moet word teen 'n addisionele fooi per dag.
’n Huishulp sal Maandag tot Saterdag van 08:00 tot 15:00 werk.
Sondae en openbare vakansiedae is dieselfde tariewe maar sy werk tot 13:00.
Die huishoudsters word nie toegelaat om klere te stryk nie.
Daar is 'n heffing per uur vir die tuimeldroër.
Betaal asseblief die huishoudster direk.
Kansellasiebeleid
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Canal Road, Sea Vista, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang