Successfully reported
+35

A Bird Cage Stay & Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

A Bird Cage Stay & Cottage bied knus selfsorgverblyf in die bekoorlike dorpie Haenertsburg. Dit is ongeveer 1 km van die middedorp af en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat wil wegbreek ver van die gedruis van die stad.

Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis met slaapplek vir 2 of die hoofhuis met slaapplek vir 6. Die kothuis het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers met 2 koningingrootte-beddens en 2 enkelbeddens, onderskeidelik. Die kothuis het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die hoofhuis het 2 badkamers, waarvan een 'n en suite-badkamer is. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die kothuis het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die hoofhuis se kombuis is volledig toegerus. Elke eenheid het 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, maar die hoofhuis het ook 'n kaggel en TV. Gratis WiFi is in beide eenhede beskikbaar.

Die hoofhuis het 'n lieflike sonkamer waar gaste kan ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is stapafstand vanaf die dorpie en die wegspringpunt van die Iron Crown-voetslaanroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.8
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Carin A
Saam met lewensmaat
5.0
Knus plekkie in die hartjie van Magoebaskloof, hoogs aanbeveelbaar. Kort kennisgewing, gashere was baie behulpsaam. Knus plekkie en presies wat nodig ...
Sien meer
Mei 2024
Michiel V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige fasiliteite. Sien sterre.
Mrt 2024
Soren J
4.8
Charming and quirky design. I like this about South Africa: For a bit more money, you get a lot more! Delightful house, beautifully dec...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Pieter V
4.6
Uitgerus. Ons het baie lekker gebly en die klein dorpie baie geniet.
Jul 2025
Awyn V
Saam met lewensmaat
3.2
Net oorgeslaap op Wildtuin toe. Net my opinie. Moeilik bereikbaar vanaf parkering, veral as dit reën. Die pad voor die woning is 'n tweespoor-grondpad...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Martin-Shawn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
  • Gaste dink A Bird Cage Stay & Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 050
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 050
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5bad2d2a7239b17477f7e4837a9fab7e2715d584e684adea8da96d715dd08d9491e21b702c288b707ab94bd9f2842c6e0d31?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 11 Bok Street Haenertsburg 0731 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.948493 29.938627
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang