A Bird Cage Stay & Cottage
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
- Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
A Bird Cage Stay & Cottage bied knus selfsorgverblyf in die bekoorlike dorpie Haenertsburg. Dit is ongeveer 1 km van die middedorp af en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat wil wegbreek ver van die gedruis van die stad.
Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis met slaapplek vir 2 of die hoofhuis met slaapplek vir 6. Die kothuis het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers met 2 koningingrootte-beddens en 2 enkelbeddens, onderskeidelik. Die kothuis het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die hoofhuis het 2 badkamers, waarvan een 'n en suite-badkamer is. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kothuis het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die hoofhuis se kombuis is volledig toegerus. Elke eenheid het 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, maar die hoofhuis het ook 'n kaggel en TV. Gratis WiFi is in beide eenhede beskikbaar.
Die hoofhuis het 'n lieflike sonkamer waar gaste kan ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is stapafstand vanaf die dorpie en die wegspringpunt van die Iron Crown-voetslaanroetes.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Martin-Shawn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
- Gaste dink A Bird Cage Stay & Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Bok Street, Haenertsburg, 0731, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang