Aan't See House and Apartment
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 121 Strand Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R975 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Aan’t See House and Apartment is in die stil kusdorpie Lambertsbaai geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerhuis en 'n eenslaapkamerwoonstel. Beide die huis en die woonstel bied lieflike see-uitsigte.
Die dubbelverdiepinghuis is op die rotse gebou, en het 'n klein hekkie wat die huis van die see skei. Die huis beskik oor 2 en suite-slaapkamers op die eerste verdieping en het lieflike uitsigte deur die hoekvensters. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien. Die oopplan-leefarea en -kombuis is volledig toegerus vir selfsorg, asook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n binnebraai-area en maak oop op 'n patio.
Die privaat woonstel is rolstoelvriendelik en bied slaapplek aan 2 gaste. Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en het 'n en suite-badkamer met 'n lae stort met 'n sitplek en gryprelings. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien. Die oopplan-leefkombuis is goed toegerus vir selfsorg, en die leefarea maak oop op 'n patio met braaigeriewe.
Parkeerplek is beskikbaar in die afstandbeheerde motorhuis, en die eiendom het 'n elektriese heining met 'n elektriese hek.
Lambertsbaai bied gaste 'n verskeidenheid opelugrestaurante, en doendinge soos sandplankry, swem, branderplankry, visvang, 4x4-roetes en veerbote om Bird Island te besoek kan bespreek word, of gaste kan die dolfyne of migrerende walvisse tussen Augustus en November kyk. .
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Loura Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 297
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 121 Strand Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Aan't See House and Apartment het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 121 Strand Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang