Successfully reported
+38

Altona Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Croxteth Road, Green Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Altona Lodge is in Groenpunt, 'n spoggerige deel van Kaapstad, geleë. Ons bied verblyf aan oordeelkundige vakansiegangers sowel as sakereisigers. Die verblyf is stapafstand vanaf die Waterfront en die stadion. Die area bied maklike toegang tot die stad se besienswaardighede. Altona is veral gewild onder sport- en skoolgroepe en is ideaal vir toeriste wat op soek is na sakpas-akkommodasie waarvoor hulle nie hul privaatheid hoef prys te gee nie.

Rook is verbode in al 15 kamers en ons bied 'n keuse tussen en suite-badkamers en gedeelde badkamers. Die tariewe is slegs vir die kamer, maar 'n Kontinentale ontbyt kan op versoek teen 'n addisionele koste bedien word. Daar is 2 en suite-dubbelkamers, 4 en suite-kamers met 2 enkelbeddens, 1 en suite-eenheid met slaapplek vir 4, 5 2-enkelbedkamers met gedeelde badkamers, 1 dubbelkamer met 'n gedeelde badkamer en 2 gesinskamers met stapelbeddens. Elke kamer word skoongemaak en is beskik oor 'n TV, linne, handdoeke, 'n yskassie, kluis, muurverwarmer, 'n plafonwaaier en WiFi. Gaste kan op bepaalde tye van die hoofkombuis gebruik maak.

Geriewe by die instansie sluit 'n telefoon en faksmasjien, internet en 'n wasgoeddiens in.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die volgende in: Seinheuwel, Tafelberg, die Seepunt-promenade, Virgin Active-gimnasium, Groenpunt-mark, Cape Quarter, V&A Waterfront, Kampsbaai en Clifton se strande, Metropolitan-gholfklub, Robbeneiland en die Two Oceans-akwarium.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Elzane P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier. Ja. Goed geleë, veilig, netjies, goeie diens.
Apr 2025
Nico W
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig en netjies. Veilige verblyf. Ek het niks verkeerd gesien nie.
Okt 2024
Jacques B
5.0
Baie aangenaam. Baie aangename ondervinding naby aan alles. Skoon en netjies.
Mrt 2024
Ansie E
Saam met lewensmaat
4.6
Gasvry. Ja, beslis net bekommerd gewees oor die voertuig wat buite moet slaap in die straat.
Okt 2024
Elize C
4.6
Gemaklik en tuissaam. Voel soos jou eie huis, gemaklik, skoon en vriendelike personeel. 'n Moet vir elke reisiger, enkel of nie.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Catherine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 19 Croxteth Road, Green Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Altona Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Croxteth Road, Green Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA618b7f45e762ec7a3b9c9207014333a53eaecb5838738a738f1001086bdecce657a3e5d275319a10875f97001cd1e6289df1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 19 Croxteth Road Green Point 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.909201745576 18.40513586998

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang