Successfully reported
+30

Bluebird

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 46 Sybille Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R1 020 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bluebird is in Lambertsbaai geleë wat aan die Weskus geleë is. Die dorp is bekend vir sy matige klimaat, ongerepte strande en voëllewe. 'n Perfekte wegbreek vir diegene wat verblyf soek weg van die stadslewe.

Verblyf by Bluebird word gebied in 2 moderne 2-slaapkamer-eenhede en 'n 1-slaapkamer-eenheid.

Die 2-slaapkamer-eenhede beskik elk oor 2 en suite-slaapkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Elke eenheid het 'n buitebraai-area wat in binnebraai omskep kan word deur eenvoudig die stapeldeure toe te maak.

Die 1-slaapkamer-eenheid beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, 'n yskas-vrieskas, 'n broodrooster, 'n stoof, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër asook 'n etenstafel. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Elke eenheid het sy eie toesluit onderdakmotorhuis asook veilige parkeerplek vir 'n sleepwa. Daar is 'n voorlaaier-wasmasjien beskikbaar vir gaste buite.

Lambertsbaai bied verskeie lieflike restaurante, asook 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge wat wissel van sandplankry, branderplankry, vierwielmotorfietsry, 4x4-roetes, bootritte, 'n mikroligte vlug oor die baai, en gaste kan ook Bird Island en Sir Lambert Wine besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Adriaan V
Gesin met klein kinders
5.0
Het dit baie geniet en ek gaan julle beslis weer sien. Die beste! Modern, skoon, mooi uitsig. Lekker braai area en 'n besliste aanbeveling van my kant...
Sien meer
Mei 2025
Melanie W
Besigheidsreis
5.0
Pragtige eenheid en fenomenale gasvrou. Alles was skoon, netjies en baie ruim. Die deck met see-uitsig is fantasties. Sal definitief aanbeveel.
Jan 2025
Louw C
Gesin met tieners
5.0
Baie goed ingerig, netjies en perfekte omgewing. Baie lekker gebly en gekuier op die stoep.
Des 2024
Linette M
Gesin met tieners
5.0
Amazing. Was very enjoyable. Die view is fantasties.
Apr 2024
Ria L
Saam met lewensmaat
4.8
Lekker. Baie lekker, dankie. Baie netjiese plekkie.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 106

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 46 Sybille Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bluebird het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 020
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 020
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 020
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 46 Sybille Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2YmM0YzQwLTZlMDctNDE4NS04NjlhLWI4ZmJhYThjYWMyMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 020 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 46 Sybille Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.103269887437 18.305347285072
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang