Successfully reported

Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Chrisna V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Wat 'n onvergeetlike, fantastiese ervaring! Wat 'n onvergeetlike ervaring. Die verblyf, etes en personeel was net absoluut fantasties. Sal dit beslis vir enigiemand aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marietjie H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2020

Wat 'n verrassing. Sulke gasvryheid kry mens nie meer. Gerhard, Ansa, Bruce en Henry baie dankie ons sal dit altyd onthou. Diens, verblyf en kos onverbeterlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Bruce
Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve
Baie dankie vir julle kommentaar - ons waardeer . Gasvryheid is bo-aan ons lys van items waarmee ons poog om gaste se besoek baie aangenaam mee te maak . Beste wense vir julle Gerhard - eienaar .

Johan B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2019

Lieflike plek. Bosch Luys Kloof is een van ons gunstelingplekke in die Karoo. Pragtige omgewing en goeie diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Juanita D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2019

Uit die boeke. Baie netjies, iets besonders, bietjie duur.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Inanda L
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2018

Alles voortreflik, kamer, kos, diens en ligging! Rus en vrede sonder selfoonopvangs! Die kos was uitstekend, almal is vriendelik en baie behulpsaam. Die kamers is luuks en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wim V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2017

Heerlik! Ons het met klein kinders, in 'n baie afgesonderde area sonder speelmaatjies, dit vreeslik geniet. Die eienaar en personeel het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer en dit 'n wonderlike vakansie te maak. Ek sal dit vir seker aanbeveel vir klein en groot.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lesley & Morné R
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jul 2017

Such a beautiful place in an amazing setting. Wonderful hosts and food. Loved it! We unfortunately only had one night at Bosch Luys, but it will not be forgotten. Definitely book at least two nights. The drive there is an adventure through an astonishingly beautiful landscape. The lodge is warm and welcoming, the rooms are luxurious. The sunsets and sunrises (together with the Karoo birds) are not to be missed. Dinner and breakfast were served in front of a roaring fire and were both delicious. The staff were all absolutely wonderful. A place to really get away from the chaos of modern life. We can't wait to go back.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ld G
1 nag Saam met vriende
3.8
Sep 2017

Verblyf baie lekker. Pragtige akkommodasie. Pad soontoe lank en sleg. Spyskaart teleurstellend, dit is net ’n set menu met geen keuses nie! Ek was baie lus vir heerlike Karoo skaaptjops en daar was net beef stroganoff op menu. Ek sal nie sommer weer gaan nie, maar dis baie mooi daar. Kos-ervarings is wat baie bydra tot ’n lekker trip.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Bruce
Bosch Luys Kloof Private Nature Reserve
Die gaste het net 1 aand oorgebly op die voor-aand van die SeweweeksPoort Bergfiets rit, waaraan hulle deelgeneem het. Ons het oor die jare reeds 'n spyskaart wat die meeste fietsryers vra, saamgestel - rooivleis, pasta, groente, ens. en dit weer voorgesit. Karoo tjops sou nie algemeen aanvaar wees nie. Ons verstaan die behoefte aan skaapvleis en daarom word die Saterdagaand wel skaapvleis aangebied, vanjaar was dit lamskenkels. Ons bied wel 'n vaste spyskaart aan, dit word in voorafgaande besprekings briewe aan gaste uiteengesit. Daarom probeer ons verseker almal geniet baie lekker en afgewisselde etes deurdat ons 'n gekwalifiseerde sjef, nie kok, voltyds in diens het. Etes word op die plek voorberei en voorgesit . Die pad is 'n avontuur, soos oral is die instandhouding deur die owerhede maar 'n probleem. Duisende gaste is egter al oor die pas en geniet maar die natuurskoon terwyl stadig gery word. Dankie vir die gunstige kommentaar ook, ons waardeer dit. Gerhard Eienaar

Leoni K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2016

Asemrowend mooi! 'n Pragtige gasteplaas in die afgeleë Seweweekspoortpas - ons het heerlik gekuier, vars lug ingeasem, met oop deure geslaap en heerlik geëet. Definitief op ons lys vir 'n opvolg besoek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Paul V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Des 2016

Ons het baie lekker gebly, geëet en uitgerus by Bosch Luys Kloof! Bosch Luys Kloof is 'n pragtige plek omring deur asemrowende natuurskoonheid. Die diens was puik en veral Bruce werk baie hard om na almal se behoeftes om te sien. Die kos wat Derick voorgesit het was ook ongelooflik lekker met elke ete wat iets spesiaals was. Dis net baie hartseer dat die Gmakapoort dam leeg is - ons was nogal geskok om die lee dam te sien. Ons hoop maar dit reën binnekort daar maar ons sal verseker terugkeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bruce Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 4 670
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 670
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 4 670
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bosch Luys Kloof, Seweweekspoort, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94004e81e4bdaef83492a44d52e7fe32c39b0f7858c62f7a4d79c2a47027c7ec670b8645bd6e550621f80d64c944254fcc50?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 670 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Bosch Luys Kloof Seweweekspoort 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 11:00 -33.314629509481 21.524019241333
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang