Bottlebrush Stone Cottage
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bottlebrush Stone Cottage is 'n knus selfsorg-eenheid op 'n pragtige werkende plaas 35 km buite Dullstroom en 34 km van Lydenburg af, wat hierdie 'n ideale plek maak vir 'n rustige wegbreek.
Dié klipkothuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en aparte toilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-hoofleefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n knus sitkamer met 'n kaggel asook 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders. Vir gaste se binnenshuise vermaak, 'n TV met 'n DVD-speler.
Hierdie lieflike eenheid beskik oor 'n onderdakstoep met buitesitplek en braaigeriewe wat die ideale plek is vir gaste om 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle die omliggende platteland bewonder. Dié plaas bied aan gaste die geleentheid om voëlkyk te doen, te stap, fiets te ry en 'n oggenddraf in die vars lug te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Stoffel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Bottlebrush Stone Cottage het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang