Successfully reported
+110

Brenton on Sea Cottages

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Okt 2025 tot 15 Des 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 242 CR Swart Road, Brenton on Sea, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 790 R1 253 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Brenton on Sea Cottages is op die skilderagtige Tuinroete-kuslyn, 16 km van Knysna af, tussen die Indiese Oseaan en die Knysna-riviermonding se westelike kop.

Verblyf is beskikbaar in chalets met slaapplek vir onderskeidelik 2 tot 3 en 4 tot 6 gaste wat die eenhede ideaal maak vir vriende en familie. Die grasdak-houtchalets se slaapkamers het elk 'n dubbelbed of enkelbeddens en gaste in die kamers deel 2 badkamers wat elk 'n bad of 'n stort het. Die chalets het elk verwarmers, komberse, linne en badhanddoeke. Gaste moet net hul eie swemhanddoeke saambring. 'n Bababedjie met beddegoed is op versoek beskikbaar. Een van die chalets is rolstoelvriendelik en kan 6 gaste akkommodeer.

Elke eenheid het 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale, asook WiFi. Daar is 'n strykyster en -plank in elke chalet, of gaste kan van die gemeenskaplike wasgoedgeriewe gebruikmaak.

Daar is 'n ingeboude braai-area naby die voordeur met roosters en tuinstoele en die oord het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en skaduparkeerplek. Gaste mag slegs houtskool by die braaigeriewe by die houthuisies gebruik.

Die oord is naby 2 restaurante, 'n geriefswinkel en die naaste kruidenierswinkel is net 20 minute se ry van die verblyf af.

Neem asb. kennis dat die oord nie kragopwekkers het tydens beurtkrag nie en gaste word aangeraai om ekstra ligte saam te bring.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 373 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
David P
Saam met lewensmaat
5.0
Love the peaceful and relaxing weekend. I really enjoyed my visit and the peaceful stay. I plan to come back for the Easter holidays.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Pieter Andries G
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende verblyf en diens. Alles was uitstekend. Vanaf die intekenproses tot ons weer vertrek het, was alles perfek. Die eenheid was skoon en ten v...
Sien meer
Okt 2025
Hein L
5.0
Perfek. Alles perfek. Skoon en netjies.
Okt 2025
Cedric N
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely be back. Service was very good. Units are clean and tidy, really well kept. The manager was very friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Ardendorff N
Gesin met tieners
5.0
Lovely peaceful environment. Lovely place, only stayed over night but next time would definitely book a longer stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Chantel & Lara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 373

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 242 CR Swart Road, Brenton on Sea, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brenton on Sea Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 790
R 1 790 R 1 253
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 790
R 1 790 R 1 253
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 790
R 1 790 R 1 253
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 242 CR Swart Road, Brenton on Sea, 6570, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxWOH58JkqwFUU9Cyy4wj1PHUxjrfqlOrcJZWJTqopgorn6KWaH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 790 nouVanaf R1 253 per nag (plek vir 2) 373 5 1 5 242 CR Swart Road Brenton on Sea 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.072824475295 23.02266591157

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang