Bridgewater View 502
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 4 Conference Lane, Bridgewater One, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
            Bridgewater View 502 is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke geleë in 'n veilige woonstelgebou in die hartjie van Century City en is ideaal vir gaste wat die pragtige Moederstad wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n aparte slaapkamer wat met 'n koningingrootte-bed ingerig is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. 'n Wasmasjien is ook in die kombuis beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die woonstel is ook toegerus met 'n omskakelaar om ononderbroke elektrisiteit te ondersteun.
Deur die skuifdeure is daar 'n onderdakbalkon met 'n tafel en stoele wat perfek oor die omliggende area uitkyk en die ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie. Die ligging van hierdie gebou is net 'n paar blokke vanaf Canal Walk winkelsentrum en binne stapafstand van heerlike restaurante en koffiewinkels.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 767
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 4 Conference Lane, Bridgewater One, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 4 Conference Lane, Bridgewater One, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang