Casa Chenal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 28 Park Crescent The Lofts, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Casa Chenal is 'n selfsorg-vakansie eenheid by The Lofts, 'n veilige kompleks in Mosselbaai, Die eenheid is stapafstand (850m) vanaf Diaz-strand, en die gewilde Diaz Water Park, wat dit 'n ideale vakansie bestemming maak. Die eenheid is op die 3de verdieping met 'n gedeeltelike see-uitsig.
Die netjiese eenheid bied slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, die 2de slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die loft ook 2 enkelbeddens het. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, bad en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n wasmasjien en tuimeldroer toegerus. Die leefarea het 'n TV met Open View. Bring u eie dekodeerder vir die volle DSTV pakket. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea lei na 'n groot balkon met stoepmeubels en 'n gasbraaier. Hier kan gaste ontspan en die uitsig geniet. Die sekuriteitskompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. 'n Toesluit garage bied veilige parkering vir u voertuig.
Vir diegene wat die area wil verken, is die:
* Poskantoorboom en Skulpmuseum slegs 3.9 km
* Mosselbaai hawe met gewilde restaurante soos Kaai 4 en The Sea Gypsy 4.4 km,
* Gewilde Punt en bekende Zipline is slegs 5.6 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Anita Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- 28 Park Crescent The Lofts, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Casa Chenal het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 28 Park Crescent The Lofts, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang