Casa Tierra
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 91 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Casa Tierra is 'n selfsorghuis in die kusdorp Yzerfontein. Dié vakansiehuis bied 'n rustige wegbreek net 220 m van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n goed toegeruste kombuis en 'n oopplan-sitarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is onder en het onderskeidelik 'n koning- en koningingrootte-bed, asook 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad en 'n groot stort. Die derde en vierde slaapkamer is bo en het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n groot stort. Elke bed het 'n elektriese kombers en elke slaapkamer het hortjies en 'n gedeeltelike see-uitsig.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die eetarea en sitarea langsaan het groot stapeldeure wat na 'n onderdakstoep lei.
Daar is ook 'n binnebraai en kuierarea met groot vensters en 'n uitsig oor die fynbos, Dasseneiland en die kus. Op 'n helder dag kan 'n mens Tafelberg in die verte sien. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Alicia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 91 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Casa Tierra het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 91 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang