Casey's Landing
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 22 Okt 2025 tot 29 Nov 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Steyn Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 200R3 150 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Casey's Landing is ’n post-moderne dubbelverdieping-selfsorghuis met ’n oopplan, industriële styl. Die huis is in De Kelders in die Overberg, wat bekend is vir walviskyk. Die eiendom het 'n omsetter wat krag aan alles in die huis kan voorsien behalwe vir die geiser, stoof en swembadpomp.
Verblyf word aan 8 gaste gebied en daar is 4 slaapkamers met baie stoorplek. Die hoofslaapkamer is die enigste kamer op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die derde en vierde slaapkamers is op die grondverdieping en het elkeen ’n dubbelbed. Hiérdie 2 kamers deel ’n badkamer met ’n bad en stort. Al die slaapkamers bied ’n uitsig oor die see, behalwe vir die tuinkamer.
Die hoofleefarea en kombuis is op die eerste verdieping en bied ’n uitsig oor die see. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, wasmasjien en ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het ’n etenstafel waarby 8 gaste kan sit. Die sitkamer het ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefearea lei na ’n patio met ’n raamlose leuning met buite-meubels en ingeboude braaigeriewe. Daar is ook ’n swembad.
Elke kamer is uniek en eenvoudig, sonder om weg te doen met die integriteit van hierdie unieke boustyl.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Arend Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 17 Steyn Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Casey's Landing het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Steyn Street, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang