Successfully reported
+32

Davison Bush Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 606 Mabalingwe, Mabalingwe Private Nature Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Davison Bush Cottage bied selfsorgverblyf aan die voet van 'n heuwel in die groter Mabalingwe Privaat Natuurreservaat in Limpopo. Dis sowat 150 km vanaf Pretoria en die natuurreservaat bied gaste 'n verskeidenheid doendinge wat geskik is vir alle ouderdomme.

Dié kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed en beide die tweede en derde badkamers is toegerus met 'n bad, stort en dubbelwasbak.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel met stoele. Die leefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-Slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die glasdeure lei na die houtdek wat buitemeubels, braaigeriewe en 'n privaat swembad het. Daar is ook 'n ruim lugboma met 'n vuurput.

Gaste kan 'n oop wildkykvoertuig teen 'n ekstra koste bespreek en het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad, muurbalbaan, tennisbaan, springkussing en kinderspeelarea, alles binne 1 km vanaf Davison Bush Cottage. Daar is 'n OTM, 'n koffiewinkel en 'n klein plaaswinkel in die natuurreservaat. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Nicola V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, gemaklik. Was baie lekker! Sien uit om weer te gaan.
Sep 2025
Sharon C
Gesin met tieners
5.0
Incredible home with everything needed. Absolutely awesome, has everything needed, and as my kids said, even better than the photos. We...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Barend C
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier, woning is ruim en baie privaat geleë. Heerlike weer! Pragtige woning met swembad, 3 slaapkamers met en-suite badkamers. Het die ekstr...
Sien meer
Apr 2025
Marlize M
5.0
Best African experience. It was the best African experience we could have asked for. The amenities, safari and all other aspects were p...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Cristelle L
Gesin met klein kinders
5.0
Onvergeetlike vakansie saam vriende. Dit was 'n onvergeetlike vakansie. Als was so mooi en goed toegerus. Die swembad was 'n bonus en lekker vir die h...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Patricia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 606 Mabalingwe, Mabalingwe Private Nature Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Davison Bush Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 900
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 900
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 606 Mabalingwe, Mabalingwe Private Nature Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1b7b057292f23153f6d9c694e5fbb3b0f679ea2dcbf63dd51ce8928a72ce75813d8077fc0dbd52d54c90600a5335f92568c9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag (plek vir 8) 19 5 1 5 606 Mabalingwe Mabalingwe Private Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.815181216398 28.058029212575
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang