Driftwood Dunes
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 38 Visvanger Street, 2 The Dunes, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Driftwood Dunes is 'n smaakvol versierde selfsorgkothuis in Melkbosstrand en is 'n ideale plek vir 'n gesinsvakansie, want dit is net 180 m van die strand af geleë.
Dié kothuis het slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n instapstort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n oopplan-sitkamer en -eetarea met oorgenoeg sitplek. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite die kothuis is daar 'n privaat patio met 'n tafel en stoele asook braaigeriewe. Die ligging van hierdie kothuis is naby 'n MyCiTi-bushalte, wat gerieflik is vir publieke reis. Daar is 'n paar seefront-restaurante 'n entjie se ry weg asook plaaslike winkelsentrums.
Die verblyf is 20 minute se stap vanaf Melkbos se hoofstrand en heerlike restaurante soos Die Damhuis, koffiewinkels soos The Daily en winkels soos Woolworths, Clicks, 'n drankwinkel, Pick & Pay, PostNet, 'n haarkapper, 'n slagter en Spur.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 38 Visvanger Street, 2 The Dunes, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Gaste dink Driftwood Dunes het ’n baie goeie ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 38 Visvanger Street, 2 The Dunes, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang