Successfully reported
+20

Duke's Nest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Mossel Street, Oyster Bay, 6301, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Duke's Nest is in die pragtige kusdorpie Oesterbaai geleë en dit bied rustige verblyf. Oesterbaai het alles wat gaste sal benodig en is ongeveer 15 km van ander dorpies met verskeie winkels, restaurante en aktiwiteite.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 'n maksimum van 6 volwassenes. Daar is 2 slaapkamers op die boonste verdieping en die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die aangrensende tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte toilet. Daar is 'n balkon met pragtige uitsigte op die berge, vallei en oor die see na die ooste en weste.

Die enkelverdieping-deel van die huis het 3 slaapkamers, 'n leefarea is met 'n skuifdeur gekoppel aan die dubbelverdieping. Die een slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met bad, toilet en wasbak.

Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel 'n aparte badkamer met die derde kamer waarin 'n dubbel-stapelbed is waarop slegs kinders kan slaap.

Daar is 'n eetkamer, sitkamer, kombuis en opwaskamer op die grondvloer. Die kombuis is toegerus met al die nodige selfsorggeriewe en het 'n yskas en aparte vrieskas.

Die sitkamer het 'n pragtige see-uitsig en 'n LED-TV met DStv (Premium-pakket). WiFi is ook beskikbaar op aanvraag. Die sitkamer lei na die stoep met sonstoele.

Daar is binnebraaigeriewe met hout of brikette vir die eerste braai. Die winkel in Oesterbaai het die nodige produkte en is net 250 m van die huis af.

Daar is ook 'n buitestort met warm- en koue water vir sanderige lywe na 'n dag op die strand of vir 'n visserman na 'n dag op die rotse.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Kinderbed vir 1

Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Attie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 11 Mossel Street, Oyster Bay, 6301, Oos-Kaap
  • Gaste dink Duke's Nest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Mossel Street, Oyster Bay, 6301, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFiYTg0M2U5LTVjMjAtNDQ0Ny04MTJiLWZhYjFjZDkxNzgwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10) 9 5 1 5 11 Mossel Street Oyster Bay 6301 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -34.169492522355 24.649368077517

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang