Elements Golf Reserve 109
-
Kapasiteit: 14 persone
12 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R8 200 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Elements Golf Reserve 109 is 'n eksklusiewe selfsorghuis vir 10 tot 12 mense in die pragtige Elements Private Golf Reserve en is ongeveer 20 km vanaf Bela-Bela. Hierdie gholfbaan is 14de in Suid-Afrika en die beste in Limpopo.
Hierdie ruim en luukse huis is 'n ideale wegbreek in die bos naby die vyfde putjie op die gholfbaan en bestaan uit 6 slaapkamers (5 privaat) en 5 badkamers met baddens en storte. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, sowel as 'n buitestort in 'n privaat tuin. Die kamer het 'n privaat patio waar gaste hul oggendkoffie kan geniet en na die voëlgesang kan luister. Die hoofslaapkamer is geskik vir gesinne met jong kinders. 'n Bykomende kamer met 2 enkelbeddens is aangrensend. Daar is ook 'n bykomende slaapbank in die hoofslaapkamer.
Drie van die kamers het elk 'n koninggrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n buitestort. Die vierde slaapkamer met 'n koningingrootte bed het ook 'n aangrensende badkamer. Die vyfde slaapkamer met 'n dubbelbed het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer is apart van die hoofhuis met 'n privaat ingang en 'n buitestort onder die boom. Elke kamer het 'n plafonwaaier en 'n lessenaar.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, dubbeloond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe, en maaltye kan by die groot soliede hout-eetkamertafel geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar. Die sitkamer het 'n pooltafel, 'n slim-TV, WiFi en Netflix, sowel as 'n DVD-speler en 'n lugversorger. Gasbraaigeriewe is binne beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n ruim dek met 'n ingeboude verhitte swembad en 'n groot eetkamertafel. Die boma is ideaal vir 'n groot bosveldvuur en om tyd saam met vriende en familie deur te bring. Daar is 'n pizza-oond en gaste kan afkoel in die swembad wat 'n uitsig oor die privaat watergat het. Gaste moet asseblief hul eie brandhout en swemhanddoeke saambring, maar kan hout vooraf bestel teen 'n bykomende fooi. Klein troeteldiere word slegs toegelaat indien dit vooraf met die instansie gereël word. 'n Skoonmaakdiens kan teen 'n daaglikse fooi gereël word.
'n Sonkragstelsel verseker 'n stresvrye verblyf, selfs tydens beurtkrag.
Wild loop vrylik rond op die landgoed, en gaste kan deelneem aan verskeie aktiwiteite, wat wissel van tennis, gholf, bergfietsry, voëlkyk en wildbesigtiging. Die klubhuis huisves 'n kroeg en restaurant vir etes en funksies, en spyseniering kan vir spesiale geleenthede gereël word.
Wildritte by Mabalingwe kan ook gereël word, sowel as spa-behandelings en die dienste van 'n privaat sjef by die huis. Die restaurant/klubhuis bied etes gedurende kantoorure aan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elanie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 52
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Elements Golf Reserve 109 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 14 persone
12 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang